By Riviera-Jakaranda glo ons dat God se teenwoordigheid – soos die stroom in Esegiël 47 – lewe bring oral waar dit vloei.
Ons wil deel wees van daardie beweging:
Oë wat rááksien
Harte wat omgee
Hande wat dien
Met die Woord as ons anker en onder leiding van God Drie-enig, leef ons as ’n gemeente wat hoop, liefde en lewe bring.
Jy is welkom net soos wat jy is!
Elkeen van ons het ‘n behoefte aan aanvaarding. Jy wil êrens tuis wees. Jy wil tog nie eers probeer om iemand anders te wees om aanvaar te word nie. Die Here Jesus bewys gelukkig dat God ons aanvaar soos ons is. Ons hoef daarom nie langer voor te gee om te wees wat ons nie is nie. Riviera-Jakaranda is ‘n gemeente wat vir jou so ‘n tuiste bied. Riviera-Jakaranda is ‘n gemeente waar jy aanvaar word net soos jy is. Maar dit is ook ‘n gemeente waarin die Gees van God ons nie wil laat staan net soos ons is nie. Die Gees wil ons in God se lig nuut laat leef.
Kom word deel van God se gesin…

Wie is Riviera-Jakaranda?
Lees meer oor ons fokus as kerk. Die Woord is ons anker. Ons leef en werk onder leiding van God Drie-enig.

Waar kan ek betrokke raak?
Ons gemeente het vier bedieninge en drie taakspanne waar jy betrokke kan raak.























